Dinsdag 01 Maart 2016

Sosiale Media: 'n Euwel of 'n Hulpmiddel in die klaskamer?

Should we teach letter-writing in the classroom?
Should we teach email in the classroom?
Should we teach social media in the classroom?

Hierdie is algemene vrae wat deur onderwysers gevra word. Daar bestaan ook verdere vrae oor die rol van sosiale media in die klaskamer. Baie onderwysers is bekommerd oor hoe en of sosiale media gebruik moet word om met leerders te kommunikeer buite die tradisionele klaskamer. Onderwysers is bang dat hulle leerders blootstel aan gevaar indien hulle hulle blootstel aan sosiale media in die klaskamer.

Wat is die antwoorde vir al hierdie vrae? Is dit beter om sosiale media in die klaskamer te vermy, of kan dit dalk net die begin wees van ‘n nuwe opwindende leermetode? Die antwoord is egter eenvoudig: sosiale media is daar om ons lewens te verryk, kommunikasie te vergemaklik en die leerproses te verbeter.

Die mite bestaan dat wanneer onderwysers sosiale media gebruik in hul klaskamers, die leerders sosiale media verkeerd sal aanwend terwyl die onderwyser vir hulle probeer leer. Dit is egter belangrik om nie sosiale media te verwar met sosialisering nie. Dit is ook nie volgens Vicki Davis nodig om die gewildste sosiale media in jou klaskamer te gebruik nie. Sosiale media is tot ons beskikking en hoef nie ‘n afleiding te wees van leer nie. Sosiale media moet gesien word as ‘n hulpmiddel wat die klaskamer meer interaktief, relevant en divers maak.

In my vakgebiede, wat Lewenswetenskappe, Natuurwetenskappe en Lewensoriƫntering insluit, is dit belangrik om sosiale media te gebruik om leer te vrebreed na buite die klaskamer. Sosiale media maak dit moontlik om te kommunikeer met leerders buite die klaskamer. Daar is verskeie sosiale media wat ek kan integreer en handig gebruik in my vakgebiede.

“Remind” is ‘n nuttige hulpmiddel vir onderwysers om te kommunikeer met leerders deur selfone. Hierdie sosiale media hulpmiddel kan nuttig gebruik word deur onderwysers vir een-rigting kommunikasie met leerders, om hulle te herhinner aan take, toetse of huiswerk. “Remind” sal handig gebruik kan word in LewensoriĆ«ntering, aangesien leerders herhinner kan word daaraan om hulle sportklere in te pak vir prakties.

Twitter is ook ‘n goeie hulpmiddel wat gebruik kan word om te kommunikeer met leerders buite die klaskamer. Dit is maklik om die dag se huiswerk te deel met al die leerders. Twitter kan ook baie waardevol wees, veral in ‘n vakgebied soos Natuurwetenskappe. Die onderwyser kan opvoedkundige “links” op Twitter deel met die leerders (soos byvoorbeeld videos van relevante eksperimente). Die leerders kan daarna gaan kyk en sodoende hulle kennis verbreed oor die vakgebied.

Instagram is ook ‘n gewilde metode wat leerders geniet om te gebruik. Jy as onderwyser kan ‘n spesifieke hashtag ontwerp vir die klas, wat almal kan gebruik wanneer hulle opvoedkundige fotos op Instagram oplaai. Hierdie sosiale media hulpmiddel kan handig gebruik word in die Lewenswetenskappe klas, aangesien hierdie vakgebied baie staatmaak op opvoedkundige fotos en diagramme.


Al hierdie bogenoemde metodes kan gebruik word om die klaskamer meer opwindend en interessant te maak vir die leerders. Hoe meer geleenthede daar vir die leerders geskep word om oor die kontent van vakke na te dink, hoe beter sal die leerders die werk verstaan. Sosiale media maak dit moontlik vir onderwysers om informasie aan leerders te stuur op maniere wat nie voorheen moontlik was nie. Deur gebruik te maak van sosiale media, word leer nie net ingeperk tussen die klaskamers se mure nie, maar kan leer ook plaasvind buite ‘n skool. Dit is belangrik vir onderwysers om sosiale media optimaal tot voordeel van die leerder en die leerproses aan te wend.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking