Dinsdag 05 April 2016

Die Potensiaal van die Interaktiewe Witborde in die klaskamer

Wat is ‘n Interaktiewe Witbord (IWB)? Dit is die vraag wat meeste menses al vrae indien hulle diĆ© naam hoor. Ek was bevoorreg om in ‘n skool te wees waar hierdie tipe tegnologie gebruik is, maar moes egter verder navorsing gaan doen het om die werklike potensiaal van hierdie Interaktiewe Witborde te ontdek…maar kom ons begin by die begin – wat is IWB?
‘n Interaktiewe Witbord is ‘n groot interaktiewe skerm wat gekoppel is aan ‘n rekenaar. ‘n Projekter word gebruik om die rekenaar se beeld op die witbord te projekteer. Die eienskap wat hierdie witbord egter onderskei van die normale wit skerm of wit muur wat in die verlede gebruik is, is die feit dat jy die rekenaar kan beheer deur met jou vingers of spesiale penne op die Interaktiewe Witbord te ‘click” of skryf. Hierdie borde het baie nut in verskeie omgewings, maar ek gaan spesifiek focus op die voordele en gebruike daarvan in die klaskamer.
Hierdie Interaktiewe Witborde kan gebruik word om op die internet te gaan en interessante videos of foto’s in jou vakgebied te wys vir die leerders. Die notas wat op die bord geskryf word, kan ook gestoor word op die rekenaar wat gekoppel is aan die bord. Die rekanaar wat aan die witbord gekoppel is kan ook beheer word deur funksies op die witbord. Dit beteken dat die onderwyser voor in die klas kan staan by die bord en nie hoef rond te loop om die rekenaar te beheer nie. Sekere sagteware kan ook gebruik word om die notas wat geskryf word op die bord om te sit in teks wat dan weer aan die leerders uitgedeel kan word. Die Interaktiewe Witbord tree op as ‘n muis en ‘n sleutelbord, en daarom kan die onderwyser ‘ volle les aanbied deur net gebruik te maak van die IWB met al die nodige funksies. Die IWB het ook bykomende funksies wat spesifiek ontwerp is  om interaksie tussen die leerder en die onderwyser te verbeter. Hierdie funksies sluit in penne, highlighters, liniale, gradeboĆ« en selfs papier flipkaarte wat in die tradisionele klaskamer gebruik is.
Hierdie Interaktiewe Witborde het onderrig vergemaklik en verbeter. Die IWB bied die funksie aan die onderwyser om sy/haar lesse op te neem. Dit beteken dat dit moontlik is om aan leerders hierdie aanbiedinge te gee sodat hulle self weer by die huis deur die les  gaan en na die onderwyser se woorde kan luister. IWB bevorder ook groep interaksie, groep besprekings en deelname van almal. Hierdie tegnologie kan ook die leer van die leerders vergemaklik en bied baie moontlikhede vir die verbetering van onderrig in ‘n klaskamer. Die IWB is definitief ‘n goeie belegging en kan net tot voordeel van die leerders wees.