Die neiging om onderrig digitaal aan te
bied, het die afgelope paar jaar baie gewild geword in ons vinnig veranderende
tegnologiese wêreld. Baie onsekerheid
bestaan egter oor wat digitale pedagogie presies behels, en die wanbegrip dat
dit slegs elektronies en deur middel van tegnologie gedoen kan word, is
algemeen. Dalk bestaan hierdie wanbegrip
juis omdat baie min mense werklik weet wat digitale pedagogie is. So wat is digitale
pedagogie? Digitale pedagogie word gedefinieer as die gebruik van tegnologie as
poging om die ervaring van onderrig te verryk of te verander.
Wanneer mens dink aan digitale pedagogie
en hoe om klas aanbiedinge meer interessant te maak, is meeste onderwysers
geneig om eerste na tegnologie te hardloop. Die siening dat ‘n PowerPoint aanbieding
of ‘n kort video vanaf die internet die leerders se aandag sal hou, is egter ‘n
wanbegrip wat bestaan. In sy artikel Digital
Pedagogy Unplugged, verduidelik Paul Fyfe dat digitale pedagogie nie noodwendig
elektronies hoef te wees nie. Hy verduidelik verder dat daar verskeie nie-elektroniese
pedagogiese strategieë bestaan wat net so effektief aangewend kan word om
onderrig te verbeter en die leerders se aandag te behou.
Die eerste strategie wat Fyfe aanraak in
die artikel is die sogenaamde “Teaching Naked” strategie wat José Bowen
voorgestel het. Nou wat presies word bedoel met “Teaching Naked”? Dit behels
die aanbieding van lesse sonder die gebruik van tegnologie (Byvoorbeeld sonder rekenaars
en ‘n projektor). Bowen is van mening dat die normale PowerPoint aanbiedinge
vervelig kan raak, maar hy is wel ‘n voorstaander van aanlyn besprekingsgroepe
en PowerPoint skyfies buite die klas omgewing. Bowen verkies egter die
tradisionele vraag-antwoord klasbesprekings (sonder die gebruik van
elektroniese hulpmiddels) om sy leerders se aandag te behou.
Nog ‘n strategie wat Fyfe aanraak in die
artikel is die “Work in the Text Mines” benadering. Brad Pasanek is van mening
dat digitale tekste en tegnologie dit maklik gemaak het om spesifieke terme te
identifiseer sonder om die hele teks te lees. Hy verduidelik verder dat dit nie
noodwendig ‘n goeie verwikkeling is nie. Met dié dat dit so maklik is om kern
konsepte te identifiseer, doen leerders nie meer moeite om die hele teks te
lees nie. Gevolglik het hulle nie so ‘n goeie begrip oor die boek in geheel
nie. Hy stel voor dat leerders gebruik moet maak van verkillende kleur
highligters wanneer hulle tekste deurlees, om sodoende verskillende idees te
kategoriseer. Leerders sal dan ‘n goeie begrip hê oor die teks as geheel, maar
sal ook instaat wees om kern konsepte te identifiseer.
John Dewey het die volgende stelling
gemaak: “If we teach today as we taught yesterday, we rob our children of
tomorrow.” Ek stem in ‘n mate saam met Dewey. In ‘n wêreld wat draai rondom
tegnologie, is dit tog nodig om tegnologie deel te maak van opvoeding. Tegnologie
kan bydra tot die verryking van klas aanbiedinge, maar dit moet egter spaarsamig
gebruik word om sodoende te verseker dat dit nie verval in ‘n vervelige
gewoonte nie.
Ek wil graag afsluit met die ware woorde
van ‘n graad een onderwyser: “Yes, kids love technology, but they also love
legos, scented markers, handstands, books and mud puddles. It’s all about
balance.” Dit is dus nodig dat daar ‘n balans sal wees tussen die gebruik van
tegnologie en meer tradisionele metodes om sodoende klas aanbiedinge meer interessant
te maak sonder dat dit verval in ‘n vervelige gewoonte.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking